Handelsvooruitsigte bly positief

Sep 12, 2024
1 min read
Die Suid-Afrikaanse Kamer van Koophandel en Nywerheid – SACCI – sê hoewel die handelsverwagtinge-indeks van 66 punte in Julie tot 62 punte in Augustus gedaal het, bly handelsvooruitsigte vir die volgende ses maande positief. SABC-nuus berig SACCI sê die verbreding in politieke bestuur in die land na die verkiesing, het verwagtinge in die handelsomgewing ‘n hupstoot gegee. Die kamer sê aanduidings van respondente dat verkoopspryse besig is om te daal, is positief vir inflasieverwagtinge en laer rentekoerse. SACCI sê 50 persent van respondente het aangedui dat hulle weens die verwagte verbetering in handelsomstandighede, meer mense in die volgende ses maande in diens sal neem.








Comments