Hantavirus: Suid-Afrika werk saam met die WGO
- Saamgestel deur Jana Roos

- 23 hours ago
- 1 min read
Die aantal moontlike kontakte met hantavirus-besmette mense het tot 97 in Suid-Afrika gestyg. Die minister van gesondheid, Aaron Motsoaledi, het die getal Maandag aan die SABC bevestig, en gesê hulle werk saam met die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) om gevalle plaaslik op te spoor.
Die hantavirus-uitbraak op die MV Hondius-passasierskip het wêreldwyd aansienlike kommer veroorsaak.
Volgens die WGO versprei hantavirus deur kontak met die urine, ontlasting of speeksel van besmette knaagdiere, en kan dit ook deur besmette oppervlaktes oorgedra word. Motsoaledi sê hul fokus is om almal te vind wat in kontak met besmette persone kon gewees het.








Comments