Harrismith-inwoners is ontevrede oor die munisipaliteit nie verdeel word nie
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 22, 2025
- 1 min read
Inwoners van Harrismith in die Vrystaat het ʼn aansoek ingevolgde die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting ingedien oor die kwessie om die Maluti-a-Phofung-munisipaliteit in twee te deel.
Hulle wil weet wat die redes is vir die afbakeningsraad se besluit om nie aan Harrismith en Kestell se versoek om weg te breek van die munisipaliteit gehoor te gee nie.
Die gemeenskap beplan ook om ʼn hooggeregshof-hersieningsaansoek in te doen om die besluit om te keer. Die gemeenskap beskryf die besluit as irrasioneel.
Maluti-a-Phofung is een van die land se swakste bestuurde munisipaliteite met Harrismith en Kestell wat die enigste twee dorpe is wat vir dienste betaal.






Comments