Harties se waterhiasinte hou ernstige gevare in
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Nov 25
- 1 min read
Met die Desember vakansie in sig moet mense liefs twee keer dink voor hulle bote of enige ander vaartuie op die Hartebeespoortdam, in die Noordwes, te water laat.
Maroela Media berig volgens die Nasionale Seereddingsinstituut hou die groot hoeveelheid waterhiasinte in die dam ernstige en toenemende veiligheidsgevare in.
Die drywende massa hiasinte bedek tans groot dele van die dam, en daar word verwag dat dit vinnig in die komende weke sal toeneem.
Indien jou vaartuig in hiasinte vasgevang word, is die reddingsopsies beperk.
Selfs reddingsvaartuie ly skade wanneer hulle probeer deurkom, en in sommige gevalle is reddingspogings uiters uitdagend.
Die publiek word versoek om nie die risiko’s te onderskat nie.






Comments