top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Haweloosheid neem toe in Suid-Afrika

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 28, 2025
  • 1 min read

ʼn Onlangse verslag wat deur Statistieke SA uitgereik is toon dat haweloosheid sedert 1996 in die land drasties toegeneem het. Dit sluit kinders in wie se ouers oorlede is, vroue wat uit gewelddadige verhoudings gevlug het, werkloses en selfs studente wat nie behuising kan bekostig nie. Die verslag is vroeër hierdie week uitgereik en is saamgestel uit inligting wat met die sensusopname van 2022 versamel is. Die data toon dat sowat 0,09%  van die Suid-Afrikaanse bevolking op straat woon teenoor 0.03% in 1996. ʼn Groot getal sluit kinders onder 14 jaar en bejaardes bo 60 jaar in.

 
 
 

Comments


bottom of page