top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Heidedal-man met ’n ongelisensieerde vuurwapen word in hegtenis geneem

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Apr 9, 2025
  • 1 min read

Lede van die Provinsiale Teenbende-eenheid het ’n man in hegtenis geneem nadat hulle ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in sy voertuig ontdek het. Luidens ’n polisieverklaring het hulle Maandag op inligting gereageer oor ’n man met ’n vuurwapen in ’n rooi voertuig op Waaihoekstraat in Heidedal. ’n 36-jarige man is in die voertuig aangetref. Die voertuig is deursoek en die lede het ’n vuurwapen en ammunisie onder die mat van die voertuig gevind. Die verdagte is onmiddellik in hegtenis geneem en word aangekla van die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Hy sal binnekort in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn.

 
 
 

Comments


bottom of page