Heidedal-man sterk aan drie weke nadat hy geopereer moes word
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 8, 2025
- 1 min read
Die Bloemfonteinse man wat vir drie weke moes wag vir ‘n operasie in die Pelonomi-hospitaal in die stad, sterk goed aan nadat hy uiteindelik aan sy linkerarm geopereer is.
Volgens Netwerk24 sal Stevanes Busby na verwagting Dinsdag ontslaan word. Hy is tevrede met die behandeling wat hy nou ontvang.
Hy is Donderdag geopereer nadat hy op 11 Junie in ‘n rooftog op sy sakeperseel in Heidedal geskiet is.
Die woordvoerder van die Vrystaatse gesondheidsdepartement, Mondli Mvambi, het voor Busby se operasie erken daar was vertragings met sy chirurgie, hoofsaaklik weens probleme met beskikbare teatertyd na aanleiding van ‘n beduidende toename in noodgevalle, wat die prioritisering van operasies vir pasiënte met lewensbedreigende toestande noodsaak.






Comments