top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Heidedal-man vas oor onwettige wapen

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jun 12, 2025
1 min read

n Man is in Heidedal in Bloemfontein in hegtenis geneem vir die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Dit kom nadat intelligensie-geleide inligting die Provinsiale Teenbende-eenheid na ‘n huis in Ashbury in Heidedal gelei het.

Beamptes het ‘n R5-geweer gevind wat in ‘n wasbak versteek was met 36 lewendige rondtes ammunisie en ses leë magasyne.

Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli, sê die man sal binnekort in die hof verskyn.

LUISTER:


 
 
 

Comments


bottom of page