top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Heidedal-polisiebeamptes op borgtog vrygelaat

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 8, 2025
1 min read

Die twee vroue polisiebeamptes wat daarvan beskuldig word dat hulle ʼn vrou by die Heidedal-polisiestasie aangerand het, is op borgtog van R1 000 elk in die Bloemfonteinse landdroshof vrygelaat. Volgens Maroela Media is die beamptes vroeër die week deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) in hegtenis geneem. Hulle word daarvan beskuldig dat hulle Stephanie Booysen aangerand het toe sy vir hulp by dié polisiestasie opgedaag het nadat haar kêrel glo ’n beskermingsbevel oortree het. ’n Geskil tussen Booysen en die beamptes het glo tot die beweerde aanranding gelei. Volgens Opod-woordvoerder, Lizzy Shuping, is die saak is tot 7 Maart uitgestel om die departement van openbare vervolging genoegsame tyd te gun om die aanklagte teen die beamptes te ondersoek.

 
 
 

Comments


bottom of page