top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Heidedal-vrou glo deur polisiebeamptes aangerand

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Feb 4, 2025
1 min read

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) beskou bewerings van ‘n vrou, wat na bewering by die Heidedal Polisiestasie in Bloemfontein aangerand is, as baie ernstig. Volgens ‘n mediaverklaring is die vrou glo deur twee vroue polisiebeamptes aangerand toe sy ‘n saak van gesinsgeweld aangemeld het. Die saak word tans die deur die onafhanklike polisie ondersoekdirektoraat ondersoek. Die gemeenskap vra dat die lede wat by die beweerde aandranding betrokke is, onmiddellik verwyder word. Volgens polisiewoordvoerder, Brig. Motantsi Makhele, kan sulke aksies slegs geneem word na aanleiding van ‘n formele ondersoek. Die SAPD verseker die publiek dat hierdie aangeleentheid met die erns hanteer sal word wat dit verdien, en toepaslike stappe sal op grond van die ondersoekbevindinge geneem word.

 
 
 

Comments


bottom of page