top of page

Heidedalse-polisiebeamptes in hegtenis geneem

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 7
  • 1 min read

Twee vroue polisiebeamptes, ʼn konstabel en ʼn sersant, van die Heidedal-polisiestasie is deur die onafhanklike polisieondersoekdirektoraat (Opod) in hegtenis geneem. Die twee het glo ‘n 40-jarige vrou by dié polisiestasie in Bloemfontein aangerand. Maroela Media berig die voorval het reeds verlede maand plaasgevind. Beeldmateriaal wys onder meer hoe ’n vrou deur beamptes geklap en rondgepluk word en daar ook in ’n stadium op haar getrap word. Opod-woordvoerder, Lizzy Suping, sê die twee vroue sal na verwagtig Vrydag in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Daar is vroeër berig die vrou is na bewering deur die beamptes aangerand ná ʼn geskil wat tot ʼn aanranding in die polisiestasie gelei het. Die slagoffer wou aanvanklik glo hê die polisie moet ingryp nadat haar kêrel ʼn beskermingsbevel verontagsaam het.

 
 
 

Comments


bottom of page