Heineken se hoof bedank onverwags
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 12
- 1 min read
Updated: Jan 13
Heineken se uitvoerende hoof, Dolf van den Brink, het onverwags bedank ná ses jaar as hoof van die Nederlandse brouer - en slegs ‘n paar maande nadat hy sy nuwe strategie vasgestel het.
Dit kom terwyl die bedryf sukkel om drinkers meer bier te laat koop.
Van den Brink het die stuur oorgeneem by die wêreld se nommer twee biervervaardiger tydens die COVID-19-pandemie in Junie 2020.
Reuters berig die direksie het gesê hulle sal ‘n soektog na ‘n opvolger loods om die vervaardiger van Heineken-lager, sowel as handelsmerke soos Tiger en Amstel, te lei.







Comments