Hekelnaalde wikkel vir ‘n Vrystaatse huis van veiligheid
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 9
- 1 min read
Dames van Common Threads het hul harte oopgemaak en vir die kinders van Vrystaat Versorging in Aksie (VVA) se Chrissanloo Huis van Veiligheid in Parys. Die hekelpenne het behoorlik gewikkel om die allermooiste sagte teddiebere, speelgoed en komberse vir die kinders te maak wat weens omstandighede noodgedwonge uit hul ouerhuise verwyder moet word. Parys Gazette het vroeër ook berig dat die veilige hawe vir kinders is wat tot nou toe net die skadukant van die lewe leer ken het. Tot 78% van hierdie kinders kom uit huise waar daar dwelm- en drankverslawing is, en is ook blootgestel aan erge verwaarlosing en mishandeling.





Comments