Hello Kitty kry 'n nuwe ontwerper
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 13
- 1 min read
Die wêreldbekende Japanse kat, Hello Kitty, se voorkomsontwerper tree ná 46 jaar af.
Maroela Media berig Yuko Yamaguchi is sedert 1980 verantwoordelik vir Kitty se ontwerp. Volgens Sanrio, die maatskappy agter die karakter, sal die nuwe ontwerper einde 2026 oorneem.
Hello Kitty se eerste verskyning was as ʼn illustrasie op ʼn viniel-muntbeursie.
Hello Kitty is terloops nie 'n kat nie, maar 'n dogtertjie van Londen, genaamd Kitty White. Sy is mal oor haar ma se appeltert en droom daarvan om ʼn pianis of digter te word.







Comments