Helpende Hand kry 'n helpende hond
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Dec 15, 2025
- 1 min read
'n Jong goue labrador, genaamd Mila, is die jongste toevoeging tot Solidariteit Helpende Hand se Ons Sentrum.
Maroela Media berig sy gaan hier help om terapie aan kinders in die Pretoria-Noord-omgewing te bied. Die agt-weke-oue geregistreerde hond gaan ook aanmeld vir opleiding as terapiehond.
Die hoof van sentrums en nasionale strukture by Helpende Hand terapeute, Suzette Oosthuizen, vra die kind hoe die hondjie voel, waarop die kinders makliker sal antwoord.
Oosthuizen sê Mila se nuwe, belangrike posisie by die sentrum is deur ʼn barmhartige skenker moontlik gemaak.







Comments