Hennenman-inwoners kry nou al die werk by 'n sonkragaanleg

Gemeenskapsleiers en die waarnemende premier van die Vrystaat, Jabu Mbalula, het 'n ooreenkoms bereik nadat ontevredenheid oor die beweerde gebrekkige werwingsproses vir werk by die Middelpunt-sonkragaanleg tot gewelddadige protesoptrede in Phomolong, Hennenman, gelei het.
Netwerk24 berig raadslid van Wyk 3 in die Matjhabeng-munisipaliteit, Maxie Badenhorst, sê daar is op Woensdag se vergadering ooreengekom dat 100% van die werk na inwoners van Hennenman sal gaan – met die verstandhouding dat mense moontlik uit Welkom gekry sal word as geskoolde en halfgeskoolde arbeid vereis word.
Rosestad-nuus het vroeër berig dat Mbalula die gemeenskap gemaan het om kalm te bly te midde van voortdurende betogings oor werksgeleenthede by die Middelpunt-sonkragaanleg in die area.









Comments