top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Hennenman-inwoners kry nou al die werk by 'n sonkragaanleg

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 21
  • 1 min read

Gemeenskapsleiers en die waarnemende premier van die Vrystaat, Jabu Mbalula, het 'n ooreenkoms bereik nadat ontevredenheid oor die beweerde gebrekkige werwingsproses vir werk by die Middelpunt-sonkragaanleg tot gewelddadige protesoptrede in Phomolong, Hennenman, gelei het.


Netwerk24 berig raadslid van Wyk 3 in die Matjhabeng-munisipaliteit, Maxie Badenhorst, sê daar is op Woensdag se vergadering ooreengekom dat 100% van die werk na inwoners van Hennenman sal gaan – met die verstandhouding dat mense moontlik uit Welkom gekry sal word as geskoolde en halfgeskoolde arbeid vereis word.


Rosestad-nuus het vroeër berig dat Mbalula die gemeenskap gemaan het om kalm te bly te midde van voortdurende betogings oor werksgeleenthede by die Middelpunt-sonkragaanleg in die area.


Jabu Mbalula. FOTO: News24
Jabu Mbalula. FOTO: News24

 
 
 

Comments


bottom of page