hennopsrivier-ongeluk: Die families van Bloemfonteinse konstabels soek antwoorde
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Sep 29, 2025
- 1 min read
Die families van die drie konstabels van die Suid-Afrikaanse Polisiediens wie se liggame uit die Hennopsrivier in Centurion, Gauteng, gehaal is, sê hulle is gefrustreerd met die vertragings in die vrystelling van 'n verslag wat lig sal werp op wat werklik gebeur het.
SABC News berig die oorlede konstabels het vermis geraak terwyl hulle van hul huise in Bloemfontein na die basis van twee van die beamptes in Limpopo gereis het.
Een van die konstabels se Oom, Sipho Linda, sê vyf maande nadat hy sy neef verloor het, het die familie steeds vrae oor wat tot die motorongeluk gelei het.
Linda voeg by 'n spoedige ondersoek hierna is belowe, maar volgens hom het hulle nooit enige ondersteuning ontvang nie en moet hulle op sosiale media staatmaak oor hoe die saak vorder.







Comments