top of page

Hennopsrivier-ongeluk: Ondersoeke vorder

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Sep 30
  • 1 min read

Die polisie sê ondersoeke na die dood van drie jong Bloemfontein-konstabels vorder.


Dit nadat die konstabels se familielede frustrasie uitgespreek het oor vertragings in die vrystelling van 'n verslag wat lig sal werp op wat werklik met hulle gebeur het.


SABC News berig hulle liggame is in April uit die Hennopsrivier in Centurion gehaal, nadat hulle ‘n week lank vermis was.


Volgens die nasionale polisiewoordvoerder, Athlenda Mathe, wag hulle steeds vir die finale verslag.


Sy voeg by voorlopige nadoodse verslae is ontvang, maar die finale verslag, wat bloedalkoholresultate, toksikologie en histologie insluit, word nog afgewag.


Hierdie bevindinge is krities voordat ondersoeke afgehandel kan word.


Ook is die ontleding van fisiese bewyse steeds aan die gang.


FOTO: SABC News
FOTO: SABC News

Comments


bottom of page