Hervormings in die AU is aan die gang
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Feb 16
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa het bevestig dat hervormings in die Afrika-Unie (AU) aan die gang is.
Ramaphosa het Sondag met die media in Ethiopië gepraat na afloop van sy deelname aan die 39ste Algemene Sitting van die AU-Vergadering van Staatshoofde en Regeringshoofde.
Die AU ondergaan omvattende institusionele hervormings wat ontwerp is om die organisasie meer doeltreffend, selfstandig en gefokus op sleutel kontinentale prioriteite te maak. Ramaphosa sê hoewel vordering gemaak word, is dit belangrik om daarop te let dat hervormings tyd neem.
LUISTER:
President Cyril Ramaphosa








Comments