Historiese Kaapstadse horlosie lui weer ná 15 jaar
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 2, 2025
- 1 min read
Die klokke van die historiese Kaapstadse Stadsaal-horlosie in die Wes-Kaap het die week vir die eerste keer in 15 jaar gelui. Volgens die Stad Kaapstad se burgemeester, Geordin Hill-Lewis, is die horlosie in Maart verwyder vir herstelwerk. Die horlosie se klokke en klokkiemeganismes moes herstel word om te verseker dat hulle aan erfenisbewaringsstandaarde voldoen. Dieselfde horlosiemakers wat die Big Ben in Londen gebou het, het die Stadsaal-horlosie in 1905 vervaardig en geïnstalleer. Hill-Lewis sê die geliefde toringhorlosie is nou volledig gerestoureer en dit werk perfek.






Comments