Hlabisa ken meer as ‘n miljard rand in ramphulpfondse toe
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 7, 2025
- 1 min read
'n Totaal van R1,1 miljard rand in noodhulpfondse sal aan munisipaliteite regoor Suid-Afrika betaal word. So sê die minister van samewerkende regering, Velenkosini Hlabisa, ná ‘n reeks vernietigende voorvalle wat formeel as nasionale rampe geklassifiseer en verklaar is. Hlabisa het die media vroeër vandag ingelig om die uitbetaling van die munisipale rampresponstoelaag en die ramphersteltoelaag aan provinsies en munisipaliteite regoor die land aan te kondig. Hlabisa sê hierdie toekennings is bedoel om onmiddellike noodlenigings- en herstelmaatreëls in gemeenskappe wat deur onlangse rampe geraak is te versterk.
LUISTER:






Comments