Hlabisa loods ‘n forum om dienslewering te verbeter
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 3
- 1 min read
Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake (Cogta), Velenkosini Hlabisa, het die AGSA–Cogta 10×10 Forum van stapel gestuur om munisipale bestuur, verantwoordbaarheid en dienslewering regoor Suid-Afrika te versterk.
Die vennootskap tussen Cogta, die Ouditeur-generaal en provinsiale plaaslike regeringsdepartemente is daarop gemik om ouditbevindinge in praktiese verbeterings te omskep.
Hlabisa sê die forum sal fokus op die uitskakeling van onbefondsde begrotings, die verbetering van oudituitkomste, die versekering dat alle munisipaliteite jaarlikse finansiële state indien en die vermindering van afhanklikheid van konsultante.
Die Ouditeur-generaal, Tsakani Maluleke, het ook beklemtoon dat gekoördineerde optrede nodig is om plaaslike regeringsuitdagings aan te spreek en bekwame munisipaliteite te bou wat beter dienste aan gemeenskappe lewer.








Comments