top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Hlophe wil appelleer teen RDK-hofuitspraak

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jun 4, 2025
  • 1 min read

Adjunkpresident van die Umkhonto we Sizwe-party, John Hlophe, het gesê hy wil appelleer teen die hofuitspraak wat hom verbied om as ʼn lid van die Regterlike Dienskommissie (RDK) te dien.

Maroela Media berig die Kaapstadse hooggeregshof het bevind die parlement het versuim om ’n rasionele en grondwetlike besluit te neem deur Hlophe aan te wys, en dat die beslissing nie net die legitimiteit van die RDK ondermyn nie, maar ook die publiek se vertroue in die regbank skade berokken.

Volgens die uitspraak is daar geen regverdiging om iemand wat weens ernstige wangedrag uit die regbank verwyder is, weer toe te laat tot die liggaam wat regters moet aanwys en dissiplineer nie.

 
 
 

Comments


bottom of page