Hoër brandstofpryse kom weens die Iran-VSA-konflik
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 9h
- 1 min read
Die Padvragvereniging waarsku verbruikers om voor te berei vir hoër koste by die kasregister ná ‘n styging in brandstofpryse hierdie maand as gevolg van die Iran-VSA-konflik.
Volgens die vereniging is diesel die primêre bron van brandstof vir die meeste medium- en swaar kommersiële vervoerders, wat ‘n onmiddellike kostelas op daaglikse bedrywighede sal plaas. Dit beteken dat verbruikers onvermydelik hierdie verandering in stygende pryse by die kasregister begin voel.
Intussen berig Business Tech petrol sal van Woensdag af 20 sent per liter duurder wees, en diesel tussen 62 en 65 sent duurder.







Comments