top of page

Openbare gesondheid in Bloem kry ‘n hupstoot

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 4 days ago
  • 1 min read

Openbare gesondheidsorg het ’n hupstoot gekry met die bekendstelling van ’n nuwe digitale PET/CT-skandeerder by die Nasionale Hospitaal in Bloemfontein.


Die toerusting is deur die Universiteit van die Vrystaat se Departement Kerngeneeskunde in gebruik geneem en help met vinniger en meer akkurate diagnose, veral in kankerbehandeling.


Volgens ‘n aanlyn artikel van die universiteit maak die tegnologie dit moontlik om siektes vroeër op te spoor en behandeling beter te beplan.


Meer as 300 pasiënte is reeds met die skandeerder ondersoek, wat ook pasiënte uit die Noord-Kaap en Lesotho bedien.


Die toestel skep verder nuwe opleidingsgeleenthede vir mediese spesialiste en radiograwe in die provinsie.


FOTO: UFS
FOTO: UFS

Comments


bottom of page