top of page

Verkeersbeamptes word in Bloemfontein vereer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • 6d
  • 1 min read

Verkeersbeamptes is tydens ’n waarderingsgeleentheid by die Bram Fischer-gebou in Bloemfontein deur die Manguang Metro Munisipaliteit vereer.


Die munisipaliteit sê die geleentheid was bedoel om beamptes te erken vir hul diens, professionaliteit en volgehoue werk in die handhawing van wet en orde in die stad.


Bestuurslui het tydens die geleentheid beklemtoon dat verkeersdienste ’n belangrike rol speel in openbare veiligheid en dienslewering aan inwoners.


Beamptes het sertifikate ontvang as erkenning vir hul toewyding en diens aan die Mangaung-gemeenskap.


FOTO: Mangaung Metro Munisipaliteit / Facebook
FOTO: Mangaung Metro Munisipaliteit / Facebook

Comments


bottom of page