top of page




Midde-Ooste: Trump beweer Iran het tot die voorwaardes ingestem
Amerika se president Donald Trump beweer dat Iran ingestem het tot voorwaardes wat dit lank teëgestaan het, insluitend om ambisies vir ’n kernwapen prys te gee en atoommateriaal oor te gee. Trump is optimisties oor die vooruitsigte dat die VSA en Iran ’n permanente skietstilstand kan beklink, terwyl die twee partye ’n verlengde wapenstilstand bespreek voor dit volgende week verval. MoneyWeb berig Trump het Donderdag aan verslaggewers buite die Withuis gesê dit lyk baie goed d

Saamgestel deur Ilde Roos
3 days ago


Die VSA en Iran het nie daarin geslaag om ‘n ooreenkoms te bereik nie
Die VSA en Iran het nie daarin geslaag om ‘n ooreenkoms te bereik om die oorlog in die Midde-Ooste te beëindig nie. Dit volg ná 21 uur van vredesgesprekke in Pakistan. Die Amerikaanse visepresident, JD Vance, het dit aangekondig tydens ‘n media-inligtingsessie nadat die onderhandelinge geëindig het. Die gesprekke was die hoogste vlak van besprekings tussen die twee lande sedert die Islamitiese Rewolusie van 1979. Vance het tekortkominge in die gesprekke aangehaal en beweer da

Saamgestel deur Armando Pieters
Apr 12


Brandstofpryse styg moontlik wéér
Suid-Afrikaners kan moontlik in Mei nog ’n verwoestende brandstofprysverhoging in die gesig staar, met dieselpryse wat met meer as R10 per liter kan styg indien toenemende spanning oor die Straat van Hormuz nie opgelos word nie. Nova News berig vroeë-maand data van die Sentrale Energiefonds (SEF) dui op dieselprysverhogings van meer as R10 per liter, bo en behalwe die rekordverhogings van tussen R7,37 en R7,51 per liter wat op 1 April ingestel is. Die petrolprysvooruitsig is

Saamgestel deur Ilde Roos
Apr 7


Iran het die jongste wapenstilstandvoorstel van Amerika verwerp
Iranse staatsmedia sê dat die land die jongste wapenstilstandvoorstel van Amerika verwerp het. Die president van die Verenigde State van Amerika, Donald Trump, het gewaarsku dat hy hierdie week hel op Iran sal loslaat as dit nie die Straat van Hormuz heropen nie. Verskeie lande, insluitend Pakistan, het as bemiddelaars opgetree in pogings om die oorlog wat in Februarie vanjaar begin het te stop. Iran wil versekerings hê dat daar nie toekomstige aanvalle op die land sal wees n

Saamgestel deur Ilde Roos
Apr 7


Midde-Ooste: Trump sê Amerikaanse militêre optrede kan binne weke eindig
Amerika se president Donald Trump sê die VSA sal binnekort uit Iran onttrek en dat Amerikaanse militêre optrede moontlik binne twee of drie weke kan eindig. Hy sê die VSA het die doelwitte bereik wat gestel is voordat lugaanvalle teen Iran in Februarie in samewerking met Israel begin het. Die BBC berig Trump sê die primêre doel was om Iran se vermoë om ’n kernwapen te verkry te beperk. Trump sê ook dat die VSA nou die Iranse lugruim oorheers en dat daar ook ’n regimeveranderi

Saamgestel deur Ilde Roos
Apr 1


Oliepryse daal skerp
Oliepryse het Maandag skerp gedaal nadat president Donald Trump gesê het die VSA en Iran produktiewe gesprekke gevoer het oor die beëindiging van die oorlog, en dat hy ’n vyfdaagse staking van aanvalle op belangrike energie-infrastruktuur in die land beveel het. CNBC berig brent-ruolie het Maandagoggend met meer as 6% tot onder $100 gedaal. Trump se plasing op Truth Social volg nadat hy Saterdag gesê het Iran het 48 uur om die Straat van Hormuz te heropen, anders sal die VSA

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 23


Midde-Ooste: Iran se veiligheidshoof is dood
Iran se veiligheidshoof, Ali Larijani, is in ‘n Israeliese aanval dood. Reuters berig dat sy dood een van die mees opvallende sterftes sedert die begin van die oorlog tussen die Verenigde State en Israel met Iran is. Larijani is beskou as ‘n belangrike magsmakelaar en noue bondgenoot van die oorlede opperleier Ali Khamenei, sowel as sy opvolger, Mojtaba Khamenei. Amptenare sê Iran se nuwe leierskap het de-eskalasievoorstelle wat deur tussengangers gelewer is, verwerp, wat dui

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 18


Midde-Ooste: Die Amerikaanse ambassade in Bagdad is aangeval
Owerhede in Bagdad het vroeg Dinsdagoggend bevestig dat die Amerikaanse ambassade met vuurpyle en ten minste vyf hommeltuie aangeval is. Irakse veiligheidsbronne beskryf dit as die mees intense aanval sedert die uitbreek van die Amerika-Israel-konflik met Iran. Volgens Reuters het drie hommeltuie die ambassade genader, en die lugverdedigingstelsel het daarin geslaag om twee suksesvol af te skiet. Die derde hommeltuig het na bewering binne die kompleks getref, wat vuur en rook

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 17


Die landbousektor gaan ook gebuk weens die Midde-Ooste-konflik
Die Suid-Afrikaanse landbousektor maak hom gereed vir verdere druk soos die konflik tussen die VSA, Israel en Iran voortgaan. Volgens ‘n model deur die professionele dienstefirma, EY-Parthenon, kan die rand vanjaar tot soveel as R17,63 teenoor die Amerikaanse dollar verswak indien die konflik vir ses maande of langer voortduur. Die firma verwag ook dat Suid-Afrika se ekonomie R40 miljard kan verloor indien die oorlog voortduur. Intussen berig Netwerk24 die hoofekonoom van die

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 11


Trump sê die Iran-oorlog kan binnekort eindig
Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê die militêre operasies van die VSA in Iran kan moontlik binnekort tot ’n einde kom. Maroela Media berig Trump het Maandag tydens ’n nuuskonferensie in Florida gesê die konflik kan vinnig beëindig word, maar gewaarsku dat Iran nog harder getref sal word indien vyandelikhede hervat. Intussen het spanning in die Midde-Ooste wêreldmarkte geraak, met aandele wat gedaal het en oliepryse wat gestyg het. Iran, onder sy nuwe opperleier Mojt

Saamgestel deur Nadia Pieters
Mar 10


'n Nuwe golf aanvalle is op Teheran geloods
Israel se weermag sê ’n nuwe golf lugaanvalle is op militêre infrastruktuur in Iran se hoofstad, Teheran, geloods. Amerikaanse wetgewers in Washington het ’n resolusie verwerp wat Donald Trump se mag sou beperk om verdere militêre optrede teen Iran te beveel. Die Amerikaanse minister van Verdediging, Pete Hegseth, het ook bevestig dat ’n Amerikaanse duikboot ’n Iranse oorlogskip in die Indiese Oseaan gesink het. Sowat 180 mense was glo aan boord. FOTO: CNN

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 5


Die Midde-Ooste-konflik kan jou beursie direk raak
Jou beursie kan direk geraak word deur die VSA en Israel se aanvalle op Iran, en Iran se daaropvolgende aanvalle op teikens in verskeie lande in die Midde-Ooste. Maroela Media berig 'n onafhanklike ekonoom, Elize Kruger, sê die konflik sal hoofsaaklik 'n negatiewe impak in die vorm van hoër brandstofpryse veroorsaak. Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder dit kan inflasie opstoot, wat weer kan veroorsaak dat die Reserwebank briek aandraai met dalings in die rentekoerse

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 4


Hoër brandstofpryse kom weens die Iran-VSA-konflik
Die Padvragvereniging waarsku verbruikers om voor te berei vir hoër koste by die kasregister ná ‘n styging in brandstofpryse hierdie maand as gevolg van die Iran-VSA-konflik. Volgens die vereniging is diesel die primêre bron van brandstof vir die meeste medium- en swaar kommersiële vervoerders, wat ‘n onmiddellike kostelas op daaglikse bedrywighede sal plaas. Dit beteken dat verbruikers onvermydelik hierdie verandering in stygende pryse by die kasregister begin voel. Intussen

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 3


TENNIS: Spelers is gestrand in Dubai weens konflik wat vlugte stopsit
Daniil Medvedev en Andrey Rublev is onder talle spelers en personeel wat nie Dubai kan verlaat nie weens lugruimsluitings in die Verenigde Arabiese Emirate. Dit kom ná militêre optrede waarby die Verenigde State, Israel en Iran betrokke was. Die ontwrigting het gekom na die Dubai Tenniskampioenskap - waar Medvedev sy 23ste ATP-toertitel ontvang het, toe Tallon Griekspoor hom weens ‘n besering aan die finaal onttrek het. Volgens berigte het die ATP noodgesprekke gevoer oor moo

Saamgestel deur Jana Roos
Mar 2


Vasgekeerde reisigers in die Midde-Ooste vra die regering om hulp
Suid-Afrikaners wat vasgekeer is weens die toenemende konflik in die Midde-Ooste doen ’n beroep op die regering om hulp met hul terugkeer huis toe. Gesamentlike Amerikaanse en Israeliese aanvalle op Iran het tot grootskaalse kansellasies van vlugte gelei, wat baie reisigers gestrand laat. Aanvalle deur Iran duur voort, terwyl die VSA sê hy sal ook voortgaan met aanvalle totdat sy doelwitte bereik word. Oliepryse het skerp gestyg toe Asiatiese markte Maandagoggend geopen het.

Saamgestel deur Ilde Roos
Mar 2
bottom of page

