top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Hoenders word glo ARV’s gevoer

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jul 30
  • 1 min read

Pluimveeboere in Zimbabwe voer glo antiretrovirale medisyne, oftewel ARV's, aan hoenders.


Volgens Eyewitness News waarsku wetenskaplikes dat dié praktyk ernstige gevolge vir mense én diere se gesondheid kan inhou.


Sommige boere glo die medikasie laat hoenders vinniger groei en help om siektes te oorleef, maar kenners sê dit is 'n mite.


Volgens hulle veroorsaak die middels bloot vogretensie, wat die hoenders groter laat lyk sonder dat hulle werklik groei.


Daar is ook kommer dat die ARV's op die swartmark bekom word nadat dit gesteel is.


Kenners waarsku verder dat die gebruik van menslike medisyne in diere wat vir menslike gebruik bestem is, kan bydra tot weerstand teen lewensreddende medikasie.


Dit kan uiteindelik veroorsaak dat belangrike behandelings nie meer doeltreffend is wanneer mense dit nodig het nie.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page