Hof hoor Vrystaatse boer het minderjarige glo aangerand
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 29, 2025
- 1 min read
Die boer in wie se bakkie ‘n pa en sy twee minderjarige seuns in Verkeerdevlei gery het toe hulle na bewering deur drie ander boere aangerand is, het in die landdroshof op Winnie Mandeladorp (voorheen Brandfort) getuig die twee seuns is wel deur die manlike beskuldigde aangerand.
Die drie boere – die susters Janné en Lize-Mari Smith en Hendrik Steyn – staan tereg op aanklagte van poging tot moord, ontvoering, roof, crimen injuria, aanranding, aanranding met die opset om ernstig te beseer en regsverydeling.
Dit hou verband met gebeure op 30 Julie 2023 toe die susters glo die pa en seuns in die bakkie van die pad afgetrek het omdat hulle vermoed het dit is veediewe.
Die bevrore beesvleis wat in die pa en sy twee seuns se besit gevind is, was egter glo ‘n geskenk vanaf die pa se werkgewer, Andries Bornman.
Volgens Netwerk24 getuig Bornman dat Steyn wel een van die kinders geskop het.







Comments