Honderde Afrikaanse skole het hul deure die laaste jare gesluit
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 10
- 1 min read
Afrikaansmediumskole in die Vrystaat het van 78 in 2016 na 44 in 2023 verminder. Landwyd het 289 openbare Afrikaanse skole in dié sewe jaar hul deure gesluit.
Dit is volgens die uitvoerende hoof van die Afrikaanse Onderwysnetwerk, Daan Potgieter.
Hy sê ook skole waar Afrikaans in onderrig gebruik word, soos dubbelmedium- of parallelmediumskole, het ook minder geword.
Volgens Netwerk24 sê Potgieter veral die Afrikaansmediumskole op die platteland sukkel om te oorleef. Die afplatting van die ekonomie het ’n impak op ouers se vermoë om hul kinders se skoolgeld te kan bekostig en die model van onafhanklike Afrikaanse skole is nie bekostigbaar nie.
Die vooruitskatting is dat daar teen 2040 tussen 200 en 300 minder openbare Afrikaansenkelmediumskole sal wees. As ons op dié trajek voortgaan, sal daar 25 jaar van nou af ’n minimale aanbod van Afrikaanse openbare skole wees.





Comments