top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Honderde Grand Vitara-voertuie word herroep

Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
Saamgestel deur Ilde Roos
Sep 29
1 min read

Die Nasionale Verbruikerskommissie (NVK) het ’n veiligheidsherroeping van 543 Suzuki Grand Vitara-voertuie aangekondig. Die voertuie is vanaf Mei verlede jaar deur Suzuki-handelaars regoor die land verkoop.


Volgens die vervaardiger kan die lae-brandstofwaarskuwingslig nie aangaan namate die brandstofvlak daal nie. Dit kan veroorsaak dat bestuurders nie besef dat die voertuig se brandstof opraak nie, wat kan lei tot die enjin wat gaan staan en die voertuig wat nie weer aanskakel nie.


Geaffekteerde verbruikers word aangeraai om hul voertuie na hul naaste gemagtigde Suzuki-handelaar te neem vir ’n inspeksie van die brandstofmeter.


FOTO: Suzuki
FOTO: Suzuki

 
 
 

Comments


bottom of page