top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Honderde mense bring hulde aan oorledenes in Bloemfontein

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
May 7, 2025
1 min read

Honderde mense het hulde gebring aan drie oorlede polisiekonstabels tydens ’n herdenkingsdiens by Bobbiespark in Bloemfontein. Rosestad-nuus het vroeër berig hulle het op Woensdag 23 April van Bloemfontein op pad na Limpopo vermis geraak voor hul liggame uit die Hennopsrivier gehaal is. Die Nasionale Polisiekommissaris en die Vrystaatse premier, MaQueen Letsoha-Mathae, het Dinsdag die diens bygewoon. Volgens ’n plasing op die Vrystaatse regering se Facebook-blad het Letsoha-Mathae haar toespraak met moeite gelewer en gesê sy het gehoop die beamptes sou lewend gevind word. Sy het ook gevra dat die polisie ruimte gegun word om hul ondersoek af te handel. Die begrafnisse vind van Donderdag tot Saterdag 10 Mei plaas.

 
 
 

Comments


bottom of page