Honderde migrante is terug na Lesotho gedeporteer
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jan 6
- 1 min read
Meer as 300 ongedokumenteerde migrante is deur die grensposte by Maseru in Lesotho en Ficksburg in die Vrystaat gedeporteer.
Central News berig die Grensbestuursowerheid se provinsiale bestuurder, Thabo Nkhoma, sê ten minste 100 mense is ook in hegtenis geneem toe hulle probeer om weer sonder die korrekte dokumentasie in die land te kom.
Hierdie aksie is deel van ‘n landswye poging, waar duisende migrante onderskep is.
Baie van dié wat gedeporteer is, is glo van Lesotho en kom die land binne in die soeke na werksgeleenthede op plase, in myne en in stede.






Comments