top of page

Immigrante is nie verantwoordelik vir SA se ekonomiese krisis nie

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Oct 2
  • 1 min read

Immigrante is nie verantwoordelik vir Suid-Afrika se ekonomiese krisis, swak dienslewering, werkloosheid en die ineenstortende gesondheidsorgstelsel nie.


So sê die vakbond Saftu.


Dit volg nadat die minister van Finansies, Enoch Godongwana, verklaar het dat die regering beperkte hulpbronne het en strenger immigrasiebeheer versoek het.


Godongwana het vroeër die week tydens die Nasionale Tesourie se handelsdienstehervormings-gesprek in Durban gepraat.


Saftu sê dit is ’n berekende leuen om te verhoed dat die land die ware veelsydige ineenstorting van die openbare gesondheidstelsel konfronteer.



Enoch Godongwana. FOTO: Facebook
Enoch Godongwana. FOTO: Facebook

Comments


bottom of page