Honderde onderwysers werk sonder onderwyssertifikate
- Saamgestel deur Armando Pieters

- May 2
- 1 min read
Honderde onderwysers gee onderrig in Suid-Afrikaanse openbare skole sonder die verpligte onderwyssertifikate. Volgens die Suid-Afrikaanse Raad van Opvoeders (Saro) is provinsiale onderwysdepartemente vroeër vanjaar oor hierdie probleem in kennis gestel. Provinsies wat onderwysers het wat nie die Saro-sertifikate het nie, sluit die Wes-Kaap, Limpopo, Oos-Kaap en die Noord-Kaap in. Saro sê onderwysers is nie veronderstel om sonder hierdie sertifikate in diens geneem te word nie.





Comments