top of page

Honderde onwettinge wapens van die Vrystaat is vernietig

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Jul 10
  • 1 min read

As deel van die polisie se pogings om onwetting wapens uit sirkulasie te verwyder, het hulle amper 12 500 vuurwapens en ammunisie vernietig.  Van die is 460 van die Vrystaat afkomstig. Primetime News berig Fannie Masemola het beklemtoon dat die vernietiging 'n mylpaal in die polisie se veldtog is om strate van onwettige vuurwapens terug te eis. Die vuurwapens wat vernietig is, is óf aan die staat verbeurd verklaar óf vrywillig oorgegee. Baie van die is gekoppel aan misdade soos geslagsgebaseerde geweld, kontant-in-transit-rooftogte en ander geweldsmisdade. Die vernietigingsproses verseker dat hierdie wapens nie weer in omloop kan kom nie, wat bydra tot veiliger gemeenskappe.

 
 
 

Comments


bottom of page