Honderde politieke partye registreer vir hierdie jaar se plaaslike verkiesing
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Jun 3
- 1 min read
Meer as 500 politieke partye het geregistreer om aan Suid-Afrika se plaaslike regeringsverkiesing op 4 November deel te neem.
Die Onafhanklike Verkiesingskommissie sê 526 partye is tans geregistreer, hoewel die finale getal eers ná die kandidaatnominasieproses bevestig sal word.
Die OVK het ook ‘n kiesersregistrasienaweek vir 20 en 21 Junie aangekondig waartydens kiesers kan registreer of hul besonderhede kan opdateer.
Intussen is daar kommer oor lae jeugdeelname, met meer as 70 % van stemgeregtigde 18- en 19-jariges wat nog nie geregistreer is nie.








Comments