top of page

Honderde skole bied nie wiskunde as ‘n vak aan nie

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 3
  • 1 min read

Die Departement van Basiese Onderwys het onthul dat 464 openbare skole in Suid-Afrika nie Wiskunde aan hul leerders aanbied nie. Volgens die departement is 135 van hierdie skole in KwaZulu-Natal, 84 in die Oos-Kaap en 78 in Limpopo. Hierdie probleem word toegeskryf aan beperkte inskrywings in die vak, ‘n gebrek aan gekwalifiseerde onderwysers en befondsingsbeperkings. Die departement sê werk is aan die gang om leerderdeelname en prestasie in die vak te verbeter. Business Tech berig dat die aantal matrikulante wat kies om Wiskunde te neem, van 46% in 2011 tot 34% in 2023 gedaal het.

 
 
 

Comments


bottom of page