top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Hordes skerpioene is by ‘n lughawe onderskep

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Jun 15
  • 1 min read

In wat moontlik 'n geval van onwettige wildsmokkelary is, is 150 skerpioene by die Kaapstad Internasionale Lughawe onderskep


Volgens die Cape of Good Hope-DBV het polisielede op die diere afgekom nadat hulle 'n verdagte se bagasie deursoek het.


Die skerpioene was glo individueel verpak en tussen klere versteek.


Die verdagte is in hegtenis geneem en sal na verwagting binnekort in die Bellville-landdroshof verskyn.


Die DBV sê in ‘n plasing op sosiale media die skerpioene is tans in hul sorg terwyl owerhede ondersoek instel en reëlings tref om die diere, waar moontlik, na hul plek van oorsprong terug te stuur.


FOTO: Facebook
FOTO: Facebook

 
 
 

Comments


bottom of page