top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Hospitale wil hof toe oor die gesondheidswet

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Jan 28, 2025
1 min read

Die Hospitaalvereniging van Suid-Afrika (Hasa) is keelvol en wil die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) teenstaan. Netwerk24 berig Hasa het tot dusver sy regsgeding teen die wet uitgestel, aangesien hulle oortuig was dat universele gesondheidsdekking finansieel en prakties haalbaar is. Die Nasionale Departement van Gesondheid se woordvoerder, Foster Mohale, verduidelik aan Rosestad-nuus die Departement is bewus van teenstand teen Nasionale Gesondheidsversekering, wat die regering se poging weerspreek om ongelykhede wat deur apartheid geskep is, te verminder. Mohale sê: "Teenstanders wil nie hê dat arm en kwesbare mense toegang tot gesondheidsorg moet kry nie. Hulle sal die gaping tussen verskeie sosio-ekonomiese groepe verklein, aangesien siektes nie diskrimineer nie." President Cyril Ramaphosa het die wet reeds bekragtig, maar die aanvangsdatum is nog onbekend

 
 
 

Comments


bottom of page