Hoër brandstofpryse word verwag
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Nov 14, 2025
- 1 min read
Motoriste in Suid-Afrika kan in Desember hoër brandstofpryse verwag.
Middelmaandsyfers van die Sentrale Energie¬fonds toon onderverhalings vir petrol en diesel. Dit is hoofsaaklik weens stygende internasionale oliepryse ná hernude Amerikaanse druk op Russiese voorsiening.
Hoewel die rand ná die begrotingshersiening versterk het, sê ontleders dit was nie lank genoeg volhoubaar om die hoër oliekoste te balanseer nie.
Huidige ramings dui op ’n styging van tussen 14 en 19 sent per liter vir petrol, terwyl diesel met 68 tot 82 sent kan toeneem.







Comments