Hoër elektrisiteitstariewe tree in werking
- Saamgestel deur Ilde Roos

- 2 hours ago
- 1 min read
Inwoners van die Mangaung Metro Munisipaliteit betaal van 1 Julie af 9,9 % meer vir elektrisiteit.
Die Nasionale Energiereguleerder van Suid-Afrika (NERSA) het elektrisiteitstariefverhogings goedgekeur, terwyl verbruikers reeds gebuk gaan onder hoër brandstofpryse, 'n verhoogde prima-uitleenkoers en stygende inflasie.
Nova News berig eiendomsbelastingkoerse vir die 2026-'27-boekjaar tree ook Woensdag in werking, met munisipaliteite wat verskillende aanpassings aan die belastingkoers toepas op grond van plaaslike begrotingsvereistes en eiendomswaardasies.
Eiendomseienaars word aangeraai om hul spesifieke munisipale raadsbesluite en openbare kennisgewings na te gaan, aangesien individuele rekeninge beïnvloed word deur die implementering van nuwe Algemene Waardasierolle en plaaslike tariefstrukture.








Comments