Hoërskool Fichardtpark word met ‘n nasionale akademiese toekenning vereer
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 24
- 1 min read
Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein se fokus op akademiese ontwikkeling lewer vrugte af ná ’n nasionale toekenning.
Volgens inligting wat deur die skool gedeel is, is die skool aangewys as Top Nuweling Skool tydens Eyebraingym se nasionale Platinum-prysuitdeling.
Die toekenningsgeleentheid het in Pretoria plaasgevind, waar verskeie top-akademiese skole vereer is.
Die skool sê hul belegging in akademiese ontwikkeling, veral op Graad 8- en 9-vlak, speel ’n groot rol in dié sukses. Programme soos Eyebraingym fokus op leesspoed, begrip en die toepassing van kennis.
Die prestasie plaas Hoërskool Fichardtpark onder die voorste skole wat akademiese uitnemendheid nastreef.








Comments