Huisbrake bly bo-aan Suid-Afrika se misdaad-lys
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 26, 2025
- 1 min read
Huisbrake en diefstal van persoonlike eiendom bly bo-aan die lys wanneer dit kom by misdade wat in Suid-Afrika gepleeg word. Eyewitness News brig Stats SA het Dinsdag oggend onder die bestuur van die Openbare Veiligheid en Geregtigheid hul jaarlikse slagoffers van misdaadverslag vrygestel. Duisende huishoudings regoor die land het deel gevorm van die opname, wat Suid-Afrikaners gevra het om misdade te onthou wat oor 'n tydperk van vyf jaar gepleeg is. Meer as 2,6 miljoen huishoudings in die land het voorvalle van huisbrake in die afgelope jaar aangemeld. Wat misdade teen individue betref, bly diefstal van persoonlike eiendom hoog, met 'n geraamde 1,3 miljoen voorvalle in die 2024/25-tydperk.






Comments