Huiseienaars moet seker maak hul eiendomme is behoorlik verseker
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Mar 24
- 1 min read
Huiseienaars word aangeraai om seker te maak hul eiendomme is behoorlik verseker, met slegte weerstoestande wat dié week verwag word.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens sê dele van die land kan geïsoleerde tot verspreide buie en donderstorms verwag, met erge toestande wat onder meer die Vrystaat, KwaZulu-Natal en Gauteng kan raak.
Kenners waarsku dat storms en vloede ’n toenemende risiko inhou, en dat dit juis hierdie tipe weer is wat groot skade kan veroorsaak.
Volgens data van die Suid-Afrikaanse Risiko- en Kwetsbaarheidsatlas het die land reeds meer as 100 ernstige nasionale rampe oor die afgelope 40 jaar beleef.
Huiseienaars word nou aangemoedig om hul versekeringsdekking te hersien om seker te maak hulle is voldoende beskerm.








Comments