top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Huldeblyke stroom in na afsterwe van McCauley

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Oct 9, 2024
1 min read

Huldeblyke stroom Woensdag in ná die afsterwe van die stigter van die Rhema Bible Church, Ray McCauley. McCauly is Dinsdagaand in die ouderdom van 75 jaar oorlede. Maroela Media berig verder hy het onlangs sy aktiewe kerkpligte laat vaar, maar was steeds ten volle verbind tot die kerk. Sy seun, pastoor Joshua McCauley, sê dat sy pa vreedsaam by sy huis gesterf het, waar hy omring was deur familie en geliefdes. McCauley het die kerk in Randburg in Gauteng in 1979 gestig en dit het binne 10 jaar tot ʼn megakerk gegroei.

 
 
 

Comments


bottom of page