top of page

Huldeblyke stroom in vir Matt Stern

  • Writer: Saamgestel deur Nadia Pieters
    Saamgestel deur Nadia Pieters
  • Nov 27
  • 1 min read

Huldeblyke stroom in vir die Suid-Afrikaanse akteur Matt Stern wat in die ouderdom van 54 jaar oorlede is.


Hy is veral bekend vir sy rolle in onder meer Molly en Wors asook Binnelanders.


Maroela Media berig Stern is met ʼn lekkende hartklep gebore en moes later in sy lewe ʼn hartklep-operasie ondergaan.


Hy is onlangs gehospitaliseer weens komplikasies met sy hartklep, waarna sy toestand onverwags verswak het.


Stern, gebore Smit, het ʼn lang loopbaan as akteur gehad wat oor meer as drie dekades gestrek het.


Hy het gewildheid verwerf vir sy rol as Pastoor (Dominee) Dou Droel in die kykNET-komedie Huis Lelieveld, en word ook wyd onthou vir sy rol as Kurt Conradie in die sepie 7de Laan.


Matt Stern. FOTO: Maroela Media
Matt Stern. FOTO: Maroela Media

Comments


bottom of page