Huldeblyke stroom in vir Vrystaatse landboulegende
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jul 9
- 1 min read
Huldeblyke stroom in vir die Vrystaatse landboulegende Danie le Roux van Bultfontein, wat bekend was vir sy jarelange bydrae tot die Holstein- en graanbedryf.
Landbouweekblad berig Le Roux is vroeër die week in die ouderdom van 76 in die Rosepark-hospitaal in Bloemfontein oorlede ná komplikasies met sy longe.
Le Roux het bykans 40 jaar lank by Bultfontein geboer, op die Holstein-raad gedien en as nasionale beoordelaar talle ander beoordelaars opgelei.
Hy was die eienaar van die Electie Holstein-stoetery en is ook in sy loopbaan as Mielieman van die Jaar aangewys.
Huldeblyke beskryf hom as 'n man wat diep spore in die landboubedryf getrap het en 'n passie vir Holsteins gehad het wat min kon ewenaar.








Comments