top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Huldeblyke vir radiolegende Darren Scott stroom in

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 27, 2025
  • 1 min read

Huldeblyke storm in na nuus dat die radiolegende, Darren Scott, sy stryd teen kanker verloor het. Darren wat met fase vier kwaadaardige melanoom gediagnoseer was, het vir baie jare ‘n moedige styd geveg. Hot 1027 sê in ‘n plasing op sosiale media alhoewel die laaste paar maande vir Darren baie moeilik was, sal hy onthou word vir sy passie vir radio, sy kreatiewiteit asook al die liefdadigheidswerk wat hy gedoen het. Net verlede jaar het Darren 40 jaar in radio gevier en is in die Radio Awards Hall of Fame ingehuldig - 'n gepaste eer vir 'n man wat alles gegee het aan die medium wat hy liefgehad het.

 
 
 

Comments


bottom of page