Hulp word gevra om ‘n bejaarde Bloemfonteiner op te spoor

Apr 2, 2025
1 min read
‘n 70-jarige man wat aan demensie ly is by die Parkweg polisie as vermis aangemeld. Luidens ‘n media verklaring van die polisie is Andre Smith die naweek laas gesien by ‘n aftreeoord in Watkeystraat, Bloemfontein, waar hy woon. Smith is skraal met blou oë en grys hare. Hy het ‘n donkerblou Jean, 'n blou hemp en blou tekkies aangehad toe hy die oord verlaat het. Polisiewoordvoerder, sersant Mahlomola Kareli vra dat enigiemand wat moontlik inligting oor die 70-jarige man het om die polisie te kontak of ‘n anonieme wenk op die MySapsApp te los.








Comments